CINDYBINDY » Poetry

Words 2

Words 1

To quietly slip under
To quietly slip under

Peace and immobility

Held in the warm embrace

Of safety from perpetual motion

All movement is

Suspended

Faint undulations of each dying wave

No more thoughts

No more tears

No more breaking hearts

Invisible

From those you thought loved most

The doubt

The fear

Never enough

Never wanted

Only temporary distractions

Until they leave

Go back

To where they came from

To those they said they didn’t love

Or did

And I

was just a waste of time

Part time amusement

Like a pulled cracker at xmas

Forgotten

Tossed away

A crown left over

You felt like a queen

I still feel

Like

nothing

Some shitty poetry. Be gentle…
1. Ek wens ek kon jou vlerke gee

Om op die wind

Te sweef

Tot daar waar jy

Vryheid vind.

2. CN123

oom jou bakkie se

registrasie nommer

is ‘n wals.

3. My pa was ‘n leeu en ‘n tier

hy is nou ‘n hopie as

en herinneringe

en verlange

4. sag lê my vingers

op jou pols

ek voel jou

bloed wat bruis

onder die toppe

van my vingers

wat sweet want

soms kan ek

jou net nie

meer voel nie.

5. die dood van ‘n plaaswerker

sy seun staan verwese

sy hande vol van

‘n kinder kitaar

nuutblink en

nog styf gesnaar

die ander man spring

van die bakkie af

sy hande vol van

die ou man se slap lyf

met arms wat hang langs

die kniee van ‘n vriend

met die krag van ‘n

bul, hardloop hy met hom

teen die trappe uit

sy grys kop hang

agteroor na die vaalblou lug en

kyk hoe groen is die gras

hoe vol blare die bome

kyk hoe pers en blou en geel

is die blomme

kyk hoe rooi skyn

die son op die rug

van die berg wat staan

en staan en

die mans met blou

pakke kom van die

blou groen hange af

met hande op hul

koppe verwese, skielik

bleek is die bruin van

die songebakte gesigte

die bakkies staan

skeef, nie eens neus

bymekaar, holderstebolder

hardloop ‘n boer en sy dogter

in pienk met ‘n handsak

en wellington boetse met

strak gesigte en

ongeloof, want agter

op die manne met die

blou pakke staan wit

fier letters

vrugbaar.

6. 12 April 2005

pa is mosterdgeel

die lakens klapperwit

die nurse sjokoladebruin

pa se gesig word londongrys

hande koud soos voorruitys

my hande wil komberse wees,

ek wil die bloed help vloei deur

die are wat platval onder my vingers.

ek wil pa se longe help asem, ek wil my

longe, my hart vir pa gee, ek wil hê die sukkel

moet verby wees pa

Die toiletpapier blomme vol sout en snot

en pa se longslym lê oral soos konfetti

pa se asem raak minder die slym

die slym word meer

: ‘n mens kan verdrink in ‘n teelepel water

of op ‘n medi clinic hospitaal bed op jou sy

ek kan nie help nie.

god weet

en hy wil my nie

help om te help nie

die laaste sug en my

pa is weg

hierdie ou man

se lyk

is nie

my pa

nie.

7. ontwei

jy lê jou siel

op ‘n doek

jy lê jou ingewande

bloot vir my oë

om te kyk om

te staar na

jou hart

jou hart wat rooiblou

bons na buite

‘n gevangene

in die tronk

van jou bors

jou maag

jou derms

jou longe wat soos

sponse suig na

asem na rede

om te lewe

om te asem

my kyk lê jou bloot

jy is nou

myne.

8. viking 1.3

ek lees jou lyf se braille

daar is stories onder my vingers

jy vertel vir my stories

in hebreeus

in deens

sweeds

noors

maar jou lyf praat met my hart

9. waai

woorde ontwyk my

nes die liefde

alleen op pad

na waar woorde opdroog

jy het woorde

sit hulle in my mond

of my ore

ek sal na jou luister

tot my hamer, aambeeld en stiebeuel

op seize

maar voordat ek kan doof raak

droog jou woorde op

die laaste sê skarrel onder die agterdeur

uit op ‘n nagbries wat treur

oor die wêreld se pyn

ek verwens hierdie tifoon wat jou

uit my lewe gewaai het

in die vervolg sal ek skuiling soek

voor dit te laat is

10. ek verlang jou in die veiligheid van my arms

ek verlang die ronding van jou heup in die die holte van my hand

ek verlang die reuk van jou in my neus

die sout van jou trane op my tong

die tekstuur van jou vel op my lippe

die ritme van jou hart aan my bors

ek verlang jou

in my hart.

ek verlang jou in die gemeente van my arms

ek verlang die ronding van jou heup in die die holte van my hand

ek verlang die geur van jou in my neus

die sout van jou trane op my tong

die tekstuur van jou vel op my lippe

die ritme van jou hart aan my bors

ek verlang jou

in my hart.